George Bush Interkontinentale Lughawe

George Bush Interkontinentale Lughawe
IATA: IAHICAO: KIAHFAA: IAH
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar Stad van Houston
Operateur Houston Airport System
Bedien Groter Houston
Ligging Houston, Texas, Verenigde State
Geopen 8 Junie 1969 (1969-06-08)
Spil vir United Airlines
Fokuspunt vir Spirit Airlines
Hoogte bo seevlak 97 vt / 30 m
Koördinate 29°59′04″N 095°20′29″W / 29.98444°N 95.34139°W / 29.98444; -95.34139
Webtuiste fly2houston.com/iah
Landkaart
FAA lughawediagram
FAA lughawediagram
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
vt m
15L/33R 12 001 3 658 Beton
15R/33L 10 000 3 048 Beton
9/27 10 000 3 048 Beton
8L/26R 9 000 2 743 Beton
8R/26L 9 402 2 866 Beton
Statistieke (2022)
Passasiers 40 977 839
Lugbewegings 399 805
Bron: Fly2Houston.com[1]

George Bush Interkontinentale Lughawe (IATA: IAH, ICAO: KIAH, FAA LID: IAH)[2] is 'n internasionale lughawe in Houston, Texas, Verenigde State, wat die Groter Houston-metropolitaanse gebied bedien. Dit is ongeveer 37 km noord van Downtown Houston[2] geleë, tussen Interstate 45 en Interstate 69 / US Highway 59 met direkte toegang tot die Hardy Tolsnelweg. George Bush Interkontinentale Lughawe het geskeduleerde vlugte na 'n groot aantal plaaslike en internasionale bestemmings op al vyf kontinente. Dit is die besigste lughawe in Texas vir internasionale passasiersverkeer en aantal internasionale bestemmings, sowel as die tweede besigste lughawe in Texas, en die 12de besigste in die Verenigde State volgens totale passasiersverkeer.

Die lughawe, wat oorspronklik Houston Interkontinentale Lughawe genoem is, is later herdoop na George H.W. Bush, die 41ste President van die Verenigde State van Amerika en inwoner van Houston, in 1997.[3] IAH beslaan 4 000 hektaar grond en het vyf aanloopbane. Houston Interkontinentaal is een van die grootste passasierspille vir United Airlines.

'n Tipiese ry by Terminaal D wat Lufthansa, Air France, British Airways en KLM-vliegtuie toon.
George Bush Interkontinentale Lughawe se lugverkeerbeheertoring
IAH aanloopbaan 33L en 33R
  1. "Department of Aviation Monthly Statistical Summary Report for December 2017" (PDF). Fly2Houston.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 14 Februarie 2018. Besoek op 13 Februarie 2018.
  2. 2,0 2,1 "About George Bush Intercontinental Airport". Fly2Houston.com. Houston Airport System. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Oktober 2013. Besoek op 28 April 2013.
  3. Intercontinental Airport" Houston Airport System

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy